TUIS  |  EIENDOMME TE KOOP  |  NUUS  |  OOR MATZIKAMA EIENDOMME  |  NAVRAAG
 
 
STRANDFONTEIN

Asemrowende see-uitsig vanaf hierdie ruim 5 slpk dubbelverdiepinghuis. Boonste verdieping bestaan uit ruim leefareas en semi-binnebraai wat met skuifdeure oopgemaak kan word tot op die balkon vir 'n mooi dag! Moderne kombuis met hob+oond en aparte waskamer, ekstra toilet en oopplan leefarea + binnebraai is boonste verdieping. Onderste verdieping is ruim dubbelmotorhuis met elektriese deure, 5 ruim slpk met i.g.k, 3 badkamers. Baie netjies en eienaar is bereid om 'n langtermyn huurkontrak ook te sluit.
 R 3,650,000 [Details] [Doen navraag]
   

Welkom by Matzikama Eiendomme

Die pragtige dorpe, Vredendal, Klawer en Lutzville word omring deur wingerd- en groenteplase en het daarom ‘n geweldige aantrekkingskrag en skep die behoefte om deel te wees van hierdie geweste.

Vredendal is die sentrale dorp en hoof sakekern, gelee 20km noord van Klawer, 20km wes van Vanrhynsdorp en 20km oos van Lutzville. Die gewilde vakansiestrand, Strandfontein is 40-50km wes van Vredendal, wat dit maklik maak om heerlike wegbreek strandnaweke te geniet.

EXXARO -Namakwa Sands is die grootste werkgewer vir die gemeenskappe van Vredendal, Lutzville en Koekenaap en het tot dusver‘n aansienlike rol in die verbetering van die ekonomie sowel as ontwikkeling van die Matzikama streek gespeel .

Matzikama area spog met puik plattelandse skole op akademiese sowel as sport –en kultuurgebied en bied ook twee privaatskole onderskeidelik gelee in Vredendal en Vanrhynsdorp. Die lae misdaadsyfer van ons streek maak dit ‘n onafwendbare attraksie vir professionele mense om hul families hier te vestig in ‘n veilige omgewing en verwyderd van die stresvolle stadslewe.

‘n Ongelooflike, unieke ervaring wag op elkeen wat Matzikama streek besoek in die Lente wanneer elke eens kaal kolletjie grond bedek is, met die pragtigste veldblomme eie aan Namakwaland!

Kom loer gerus in!

 
 
           
 
   
 
  %
 
   
 
   
 
  @ R
   
 
 
Copyright 2016 - Matzikama Eiendomme - Kopiereg 2016